My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help – deur aanmoediging, aansporing, inligting en bemagtiging – om model-dorpe te word.
Probleme soos slaggate in paaie, besoedelde water, kragonderbrekings, onhigiëniese stalletjies, diefstalle, dwelmhandel, gebrekkige vervoerstelsels gaan aangepak word, want inwoners het baie meer regte as wat hulle dink.
Ons gaan jou bemagtig met inligting, jou help met raad en daad waar nodig. Ons gaan jou inlig oor presies watter stappe jy volgens die reg kan neem om jou dorp en jou gemeenskap goed te laat funksioneer en te laat floreer.
Ons gaan ook kyk hoe maatskaplike probleme, armoede, en gebrek aan opleiding aangepak kan word deur opleiding, bemagtiging en werkskepping.
Ons gaan nie net help om mooi en funksionele omgewings en dorpe te skep nie, maar bowen-al hoopvolle, samewerkende, bemagtigde, verantwoordelike, vooruitstrewende en gelukkige gemeenskappe.
En les bes, ons gaan mettertyd ‘n groot kompetisie aankondig om die dorp met die beste projek, asook die dorp met meer as een uitstekende projek aan te wys as die Renaissance projek van die jaar en die Renaissance dorp van die jaar.
Die program word gelei deur Marí Hudson, ‘n boorling van die klein Oos-Kaapse dorpie Kirkwood, wat een van ons voorbeeld-dorpe sal word.
Ons werk enige tyd saam met alle gemeenskappe en organisasies met dieselfde oogmerke. Ons neem nie ander projekte oor nie, ons kaap niks, ons help waar ons kan, trek die toue saam in dorpe en in die land.
Ons gaan voortaan na alle aspekte kyk.
Ons gaan voortaan na alle aspekte kyk.
Kontak ons oor enige probleme of vooruitgang in jou dorp.