HomeBlogDiensteEp 97: Vroue begin Revive Knys...

Ep 97: Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Vroue begin Revive Knysna – kyk wat gebeur!

Besorgde vroue van Knysna het besluit om amptelik kragte saam te snoer om Knysna skoon en mooi te maak. Revive Knysna het tot stand gekom, en die sakegemeenskap van die dorp het hulle ondersteun. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die ou stasie-gebou opgeknap en ‘n vervalle bushalte het nuwe lewe gekry.

In My Mooi Dorp om 3 nm gesels Marí Hudson met twee van die vroue wat vertel hoe Revive Knysna aan die gang gekom het en wat hulle al bereik het.

RSG en Revive Knysna daag alle dorpe in die land om ‘n Revive-program te begin.

In dié episode van My Mooi Dorp vertel Kallie Kriel meer oor sonpanele en oor ander projekte van Afriforum om te help om beter dienste te lewer aan dorpe en stede in ons land.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Só het Revive Knysna al dié dorp mooier gemaak:

Die landskapsprojek is aan die gang.
Die landskapsprojek is aan die gang.
En toe lyk dit só.
En toe lyk dit só.
'n Bushalte in die dorp is opgeknap
'n Bushalte in die dorp is opgeknap
Die stasie vóór en ná die opknapping:
Die stasie vóór en ná die opknapping:
Die stasie vóór en ná die opknapping:
Die stasie vóór en ná die opknapping:
Die projek is aan die gang
Die projek is aan die gang
Die ou stasie lyk weer spoggerig.
Die ou stasie lyk weer spoggerig.

Kontak Revive Knysna by Reviveknysna@icloud.com

Besoek hul Facebook blad Revive Knysna

of hul instagram-blad.

Soortelyke plasings:

Deel hierdie: