Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 2
Het jy geweet dat die rookreuk ná ’n brand juis die stimulus is wat help dat fynbos se sade weer ontkiem? Die fynbosbioom het die rykste diversiteit aan plante met meer as 10 000 plantspesies. Dié gebied is bekend vir sy proteas, aronskelke, disas, brandlelies, kelkiewyn, swaardlelies, Watsonias, viooltjies, Freesias, tjinkereentjees en vele meer. Mari Hudson gesels met dr. Ernst van Jaarsveld oor die fynbosstreek.
Luister hier na die potgooi:
Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.
Bome
Daar is sommer n lywige groep bome wat hier natuurlik groei. Twee wat ek wil uitlig heet die Kaapse kransesseboom (Atalaya capensis) die buigmy nie (Smellophyllum capensis) en die Kaapse sterkastaiing (Sterculia alexandrii), Olien (Olea europaea subsp. africana), basterolien (Buddleja saligna), witstinkhout (Celtis africana), doringkaree (Searsia longispina), taaibos (Searsia pyroides), gamtoos-kiepersol (Cussonia gamtooesensis), katdoring (Scutia myrtina), haakdoring (Acacia caffra), veldvy (Ficus burtt-davyi), Fluitjieswilger (Salix mucronata), Kassuur (Pittosporum viridifolium), Kaapse Vaderlandswilg (Combretum caffrum), wynbessie (Dovyalis zeyheri), ook baie mooi die Kei- baakhoutbome (Greyia flannaganii). Ook knoppieshout (Xanthoxylon capensis), kei-appel (Dovyalis caffra), Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus). Die rivierblompeer (Dombeya cymosa). Die wilde-pruim (Harpephyllum caffrum) ook n mooi groot immergroen boom met n ronde kruin. Die nieshout (Ptaeroxylons obliquum) koeboebessie (Mystorxylon aethiopicum), Oos Kaap witgat (Boschia oleoides), Rooistamkanniedood (Commiphora harveyi), boerboon (Schotia brachypetala) Kaapse koraalbom (E. caffra), Tierhout (Loxostylis alata), en die taaibos (Searsia pyroides).
Bome met argitektoniese vorms
Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi), doring of bloubroodboom (Encephalartos horridus), vallei-doringbroodboom (E. trispinosus). Die groter OosKaap-broodboom (E. altensteinii), vlaktebroodboom (E. arenarius), krulblaarbroodboom (E. latifrons), fynbosbroodboom (E. longifolius), karoobroodboom (E. lehamannii), kei-broodboom (E. princeps). Groter aalwyne sluit in die fransaalwyn (Aloe pluridens), slaphoringaalwyn (Aloe speciosa), Uitenhage-aalwyn (Aloe africana) bitter-aalwyn (Aloe ferox), gamtooskiepersol (Cussonia gamtoosensis), bosveldkiepersol (Cussonia spicata), olifantsvoet (Dioscorea elephantipes), ook die verkillende noors of naboomsoorte soos die riviernaboom (Euphorbia triangularis), E. curvirama, noors (Euphorbia ledienii, E. ), swartdoringnoors (E. atrispina), E. polygona, E. horrida, E. heptagona, groottandnoors (Euphorbia grandidens) en die vaalnoors (E. tetragona).