HomeBlogDiensteEp 44: Vergroen jou dorp: Die ...

Ep 44: Vergroen jou dorp: Die Hoëveld (Deel 2)

Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 2:

‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld. In dié episode ontsluit plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld verder die geheimenisse van die inheemse bome en struike van die Hoëveld om dorpenaars te help om hulle dorpe en streke te vergroen.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Fluitjieswilger (Salix mucronata), Kassuur (Pittosporum viridifolium), hoeveld-sukerbos (Protea caffra), silwerblaarsuikerbos (P. roupelliae), rooiaarsuikerbos (P. rubropilosa), rooibessie (Olinia emarginata), witpeer (Apodytes dimidiata), Vaderlandswilg (Combretum erytrophyllum), wynbessie (Dovyalis zeyheri), pietersielieboom (Heteromorpha arborescens) met sy mooi skilferbas, wilde-perske (Kiggelaria africana) wildekatjiepering (Rotmannia capensis). Ook baie mooi die baakhoutbome (Greyia radlkoferi en G. sutherlandii). Dave Berger van die Universiteit van Pretoria het n student wat op die groep werk en het selfs n witblommende vorm gekry.

Ander sluit in kanferbos (Tarchonanthus camphoratus), bergsipres (Widdringtonia nodiflora), knoppieshout (Xanthoxylon capensis), trassiebos (Acacia hebeclada) met peule wat regop staan, spreidende struik wat amper ‘n ondergrondse stam het. Kokoboom (Maytenus undata).

Kassuur Pittosporum viridiflorum
Kassuur Pittosporum viridiflorum
Kassuur (Pittosporum viridifolium)
Kassuur (Pittosporum viridifolium)
Pittosporum Fl
Pittosporum Fl

Bome vanuit die bosveld wat ons al beproef het in dele van Johannesburg; knoppiesblaar (Galpinia transvaalica), stamvrug (Chrysophyllum magalismontanum), Kei- appel (Dovyalis caffra), Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus)

Kaapse kastaiing (Calodendrum capense)
Kaapse kastaiing (Calodendrum capense)
Outenikwa geelhout (Podocarpus falcatus)
Outenikwa geelhout (Podocarpus falcatus)

Bome met argitektoniese vorms

Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi), Middelburg-broodboom (E middelburgensis), bergaalwyn (Aloe marlothii), bergkiepersol Cussonia paniculata var. sinuta.

Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi)
Withaarbroodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi)
Bergaalwyn (Aloe marlothii)
Bergaalwyn (Aloe marlothii)
Bergkiepersol Cussonia paniculata var. sinuta.
Bergkiepersol Cussonia paniculata var. sinuta.

Soortelyke plasings:

Deel hierdie: