Vergroen jou dorp: Die Hoëveld, Deel 1:
In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet. En om suurstof te produseer en koolsuurgas uit die lug te verwyder.
Dr Ernst van Jaardveld, bekende plantkundige verbonde aan Babylonstoren, deel sy wye botaniese kennis.
Luister hier na die potgooi:
Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.
Wat is ‘n bioom?
‘n Bioom is ‘n gebied wat vanweë hulle klimaat, grondtipe, reënval, ryp, winde, hoogte bo seespieël ander faktore dieselfde tipe plantegroei en diere ondersteun. Plante is aangepas by die klimaat en diere en die diere is aangepas by die plantegroei en klimaat.
Dit is die heel beste om bome en ander plante wat in jou streek/bioom aard, aan te plant, verduidelik plantkundige dr Ernst van Jaarsveld, eers van Kirstenbosch en tans van Babylonstoren.
Suid-Afrika het sewe belangrike biome.
Hoëveld
Hoërliggende gedeeltes bokant die platorand en sluit in Gauteng, Johannesburg, hoeer dele van Pretoria, Witbank, Belfast, Parys, Potchefstroom, groter dele van die Vrystaat, Welkom, Kroonstad, Winburg, Senekal, Ficksburg, Bethleham, Winburg en NoordWes. Hierdie sluit alles hoerliggende grasveld dele.
Klimaat
Meer ekstreem- en sy grootste kenmerk wat hom bestuur is sonnige winters, ryp snags gedurende die winter maande met minimum temperature wat wissel van -1 tot -10. Reenval meestal vanaf lente tot herfs met donderstorm. Histories was dit grasveld met klipkoppe en kleiner bome en struike. Wat die plantgegroei bestuur is winterkoue maar met troppe wild wat die gras bewei het.
Dink maar aan die kenmerkende koppies met sy berg of hoëveldkiepersol, bloubos, gwarrie, witstinkhout, bergvaalbos (Brachylaena rotundata) en verskeie bokdrolsoorte. Aalwyn kom ook voor en die deel kenmerkend met sy grasaalwyne en verskeie bolplantsoorte. Die soetdoring kom ook wydverspreid in die deel voor.
Net vir interessantheid, die inheemse boom wat op die hoogste pieke van die Drakensberge groei heet die ouhout (Leucosidea sericeae) wat tot hoogtes van 3 000 m groei dit behoord tot die roos familie (Rosaceae). Baie bome is ondergrond gedryf waar hulle skuiling teen brand het. Ploegbreker met sy mooi koraalagtige blomme.
Baie van die bome ook brandbestand, omdat hulle in dele voorkom waar brande feitliks jaarliks voorkom. Dink maar aan bergkiepersol met sy kurkbas.
Reënval min of meer 800–2000 mm per jaar afhangede die deel. (700-800 vir Gauteng)
Internasionale bydra van hoeveldplante in wereld siertuinbou. Vuurpyle (Kniphofia), Bloulelies (Agapanthus spp), grasklokkies (Dierama), swaardlelies (Gladiollus), wilde-pynappel (Eucomis spp.), sterretjies (Rhodohypoxus baurii), bokhoringkies (Diaschia spp.)
Ryk plantdiversiteit veral bol, knol en rhizoomgatige plante .
Struktuur: Plantegroei bestaan meestal uit ‘n graslaag met bebosde koppies. In ons tuine kan ons dus oop dele uitbeeld met die aanskoulikste van sy bol, gras, meerjariges ens.
Van die bome is bladwisselend met mooi herfskleure en dink maar aan die vaderlandswilg (Combretum erytrophyllum).
Vestiging en grond baie belangrik
Klei tot kleileem tot sanderige dele. Alles begin by grond en grondvoorbereiding dus baie belangrik. Bome en struike moet geplant word in n gat 2x die volume van die houer. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend. Geologie is uiteenlopend, maak gebruik van plaaslike rotssoorte hetsy sandsteen, graniet, doloriet of dolomiet.
Vestiging: pioniers: vinniggroeiende pioniersoorte. Bome en struike: Doringbome soos die soetdoring (A. karroo), notsung (Halleria lucida) geelkeur (Calpurnea aurea), wilde-als (Artemisia afra), blompeer (Dombeya rotundifolia), papierbasdoring (Acacia sieberiana woodii ) met ligte skadu en ideaal vir grondbedekkers.
Bome
Daar is sommer n lywige groep bome wat hier natuurlik groei en rypbestand is.
Olien (Olea europaea subsp. africana), basboom (Dais cotinifolia), basterolien (Buddleja saligna), witstinkhout (Celtis africana), karee (Searsia lancea), bergkaree (Searsia leptodictya), taaibos (Searsia pyroides), blompeer (Dombeya rotundifolia), rooi-ivoor (Bercheimia zeyheri), hoeveld of bergkiepersol (Cussonia paniculata), haakdoring (Acacia caffra), buffelsdoring of blinkblaar wag ‘n bietjie (Ziziphus mucronata). Grootblaarrotsvy (Ficus soldanella), rooiblaarwildevy (Ficus ingens). Wonderboomvy (Ficus salicifolia)