Beskrywing:
As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie sonaanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies, en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne sonenergieaanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en sal nog beter en goedkoper word. Suid-Afrika moet baie vinnig wakker skrik.
Moderne son-energie aanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer nou elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en gaan nog beter en goedkoper word. Ons land moet baie vinnig wakker skrik.
Dié waarskuwing word gerig deur Prof Vivian Alberts, een van die wêreld se voorste navorsers en kenners op die gebied van son-energie. Hy is tans hoof van Navorsing en Ontwikkeling by DEWA in Dubai, by die die wêreld se mees moderne sonenergie fasiliteit en die grootste sonplaas ter wêreld waar reeds 900megawatt energie opgewek word en die mikpunt 5 Gigawatt is.
Die vraag is inderdaad: waarom sal ‘n internasionale maatskappy Suid-Afrika kies vir ‘n vervaardigingsaanleg as ons elektrisiteit wat steeds hoofsaaklik van steenkool- en kernkrag afkomstig is en dus 10 tot 20 maal duurder is as elektrisiteit in lande (selfs soos Mexiko) wat baie verder gevorder is met moderne son-energie?
Die Regering se onbegrip van die negatiewe langtermyn gevolge vir Suid-Afrika se ontwikkeling en ekonomie weens die trae en gebrekkige uitrol van moderne son-energie fasiliteite met Regeringsteun, is sorgwekkend.
Hier word nie gepraat van sonpanele op jou huis se dak nie (wat ook nie aan moderne tegnologie vereistes voldoen nie, en ook nooit goedkoper krag sal lewer as dit steeds van ander lande ingevoer moet word nie, wat beteken dat individuele verbruikers dus ook uitgelewer is weens die Regering se gebrek aan aksie) maar aan son-aanlegte in die orde van Koeberg, Medupi, Kusili en ander lande se mega-aanlegte.
Het Suid-Afrika reeds die moderne son-energie trein verpas, sodat ons nooit weer in toekoms globaal mededingend kan wees betreffende elektrisiteitskoste nie?
Luister hier na die potgooi:
Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.
Agtergrond-inligting oor DEWA
Kyk na die ontwikkeling van die wêreld se grootste enkel-gebied sonplaas net buite Dubai:

Ander dele van die wêreld spog ook reeds met reuse sonenergie-plase: https://edition.cnn.com/style/article/mbr-solar-park-dubai-desert-intl/index.html
Hoe kies jy die beste sonpanele in SA?
Prof Vivian Alberts antwoord:
Oor son-aanlegte en sonplase betreffende nuwe tegnologie (wat nie in SA beskikbaar is nie): Die beskikbaarheid van die nuutste tegnologie in SA sal bepaal word deur die land se vermoë om lokale kundigheid te ontwikkel en om lewensvatbare industrieë te vestig. Dit is nie onmoontlik nie, maar die huidige regerinsbeleid sal drasties aangepas moet word om die ontwikkeling in groen tegnologieë te stimuleer. Tot nou toe was daar net leë beloftes en/of skadelike optrede teen die oprigting van lokale PV vervaardigingsaanlegte.
Op jou huis se dak: Vir huishoudelike toepassings moet jy navors wat in die mark beskikbaar is. Omskakelingseffektiwiteit moet bo 20% wees met waarborge rondom tussen 20 -25j.