Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel 1:
In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet. En om suurstof te produseer en koolsuurgas uit die lug te verwyder.
Dr Ernst van Jaardveld, bekende plantkundige verbonde aan Babylonstoren, deel sy wye botaniese kennis.
Luister hier na die potgooi:
Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.
Wat is ‘n bioom?
‘n Bioom is ‘n gebied wat vanweë hulle klimaat, grondtipe, reënval, ryp, winde, hoogte bo seespieël ander faktore dieselfde tipe plantegroei en diere ondersteun. Plante is aangepas by die klimaat en diere en die diere is aangepas by die plantegroei en klimaat.
Dit is die heel beste om bome en ander plante wat in jou streek/bioom aard, aan te plant, verduidelik plantkundige dr Ernst van Jaarsveld, eers van Kirstenbosch en tans van Babylonstoren.
Suid-Afrika het sewe belangrike biome.
Ons gaan die biome van noord na suid, oos na wes, bespreek. Die eerste bioom wat aandag kry, is die Bosveld en Laeveld, oftewel die Savanna of Grasvlakte.
Die onderstaande teks en besonderhede is opgestel deur Dr Ernst van Jaarsveld. Hy het ook die pragfoto’s verskaf.
BOSVELD en LAEVELD (ook bekend as Savanna of Grasvlakte)
Dorpe in die bioom
Polokwane, Musina, Makhadu, Alldays, EllisRas, Tzaneen, Hoedspruit, Mbombombela (Nelspruit)
Ook dele soos Pongola, en van die noordelike Zoeloeland en dan ook binnelandse Kalahari dele met sy mooi kameeldoringbome.
Klimaat
Baie warm klimaat met somer reenval, en gematigde warm winters wanneer die plante rus. Die mooi helder blomme van soveel plante helder die winter hier op. Dink maar aan die mooi aalwyne en plakkies wat blom. Winters ook mooi met die onderskeie argitektoniese vorms van die blaarlose bome (kremetart, kanniedood). Ryp soms, maar groot dele rypvry of met baie ligte ryp.
Reënval min of meer 300-600 mm per jaar
Internasionale bydra van bosveld plante in wêreld siertuinbou
Barberton Madeliefie (Gerbera jamesonii), vlamlelie (Gloriosa superba), impala lelie (Adenium multiflorum), koraalboom (E. lysistemon), koorsbome, ikone van die bosveld.
Die bruikbare Afrika tiemie (Coleus amboinicus) wat ‘n rank vetplantsoort is en sy blare in kos en slaai gebruik kan word.
Ryk plantdiversiteit en seker die boomrykste deel van ons land.
Die dele onder 1000m kenmerkend met Kremetart, kanniedood, doringbome, onderskeie naboomsoorte, baie aalwyn en vetplantsoorte.
Struktuur
Plantegroei bestaan uit bome, struike en grasveld wat ons bosveld noem.
Die deel bestaan uit mooi sambreelagtige gewoonlik doring en ander mooi bosveldbome soso kiaat (Pterocarpus angolensis), raasblaar soorte (Combretum zeyheri, C. apiculatum), (Heteropyxis natalensis).
Baie van die bome is bladwisselend met mooi herfskleure soos die raasblaarsoorte, knoppiesblaar.
Grond is baie belangrik
Klei of sand. Alles begin by grond en grondvoorbereiding baie belangrik. Die gat moet 2x die volume van die boom in sy sak. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend.
Klei deel : Maroela (Sclerocarya), knoppiesdoring en onderskeie ander doringboom soorte, en boerboon (Schotia brachypetala)
Sanderige grond: raasblaar tipes soos Combretum, sandvaalboom (Terminalia sericea) almal met groter blare en by die sandgrond aangepas.
Vestiging
Om ‘n tuin of park te vestig, is dit belangrik om eers ‘n plan te teken en aan te dui waar jy bome wil plant. Dan volg die struike en dan die grondbedekkers en ander plante. Maar om ‘n tuin gou te vestig, is dit belangrik om beide vinniggroeiende (die pioniers) en stadiggroeiende bome en ander plante tegelyk aan te plant. Jy moet dus jou beplanning verdeel tussen pioniers en stadige groeiers.
Pioniers is vinniggroeiende pioniersoorte.