HomeBlogDiensteEp 96: Afriforum se Kragplan v...

Ep 96: Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum se Kragplan vir die land

Afriforum beplan ‘n nuwe kragentiteit om mense onafhanklik van Eskom te maak.

Kallie Kriel vertel dat Projek AfriEnergie in drie fases ontwikkel gaan word.

Fase 1 is om soveel mense as moontlik aan te moedig om op hul huise of sakeondernemings se dakke sonpanele aan te bring sodat hulself onafhanklik te word van Eskom en om oortollige krag in die netwerk terug te voeg.
Om dit reg te kry, sal Afriforum veg vir subsidiëring van sonpanele en om die vergoeding vir terugplaas van oortollige krag in die netwerk sodanig te maak dat dit as insentief kan dien.
Afriforum het ‘n gids laat saamstel om mense te help om die regte sonpanele, batterye en installeerders te kies.
Klik hier vir die gids: https://afriforum.co.za/mykrag/

As jy toegang het tot Netwerk24, is hierdie ‘n goeie opsomming:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/energie/hier-is-jou-volledige-gids-vir-jou-eie-sonkrag-20230203

Fase 2 is om meer munisipaliteite te oorreed om die bestuur van kraglewering, insameling van tariewe en oorbetaling aan Eskom in die hande van die private sektor toe te ken. Dit gebeur reeds in Frankfort en die Mafube munisipaliteit wat nou krag aan dié gebiede lewer teen ‘n laer tarief as ander dorpe.

Fase 3 behels die installering van modulêre korrelbed kernreaktors, wat nie dieselfde gevare inhou van groot kernreaktors soos Chernobyl nie.
Een só reaktor kan ‘n stad, groot dorp of ‘n paar naasliggende dorpe saam bedien.

Luister hier na die potgooi:

Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.

Soortelyke plasings:

Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 99: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 2)

Maak doodseker dat jy ’n goeie installeerder vir jou huis of sakeonderneming se sonkragstelsel kies, want dinge kan skeefloop as een van die honderde nuwe ‘installleerders’ wat oornag opgeskiet het,

Die gebied gevul met sonpanele verdwerg die werkers.

Ep 98: Sonkragstelsels: Kies só reg! (Deel 1)

Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? Prof Johan Rens, verbonde aan die departement Elektriese, elektroniese en rekenaar-ingenieurswese aan die NWU, verduidelik

Deel hierdie: