Ontdek die plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld: Deel 1
Heuwels oorgroei met digte groen ruigtestruike waaraagter selfs olifante kan skuil, veral ná reënbuie in die somer en winter. Droë riviervalleie met geelhout- en ander bome en uiters vrugbare grond. Droogtes en vloede wat mekaar afwissel. Histories geseën met die grootste soogdier-diversiteit per vierkante kilometer in SA. Spekbome, malvas, kraanvoëlblomme, syselbosse en ‘n groot verskeidenheid plante wat gebrei is vir oorlewing.
Luister hier na die potgooi:
Gebruik die Op/Af knoppies om die volume te verhoog of te verlaag.
Groot gedeeltes van die Oos-Kaap, asook die droë riviervalleie in die oostelike deel van die Wes Kaap staan bekend as ruigteveld of vallei-bosveld. Dit sluit die volgende bekende dorpe in; Ghweberha (Baai), Uitenhage, Hankey, Patensie, Enon, Oos London, Port Alfred, Addo, Kirkwood, ook Jansenville en dele van Graaff-Reinet en Somerset-Oos. Dit is n deel gewoonlik geassosieer met droë riviervalleie en met kenmerkende digte ruigtes. Die ondeurdringbare ruigtes het gelei tot die bewaring van die Addo olifante.
Klimaat
Meer gematig, gewoonlik met ligte ryp of rypvry maar die binnelandse dele van die Groot Karoo streek waar ook van die digte ruigtes voorkom kry soms ligte ryp- en sy grootste kenmerk wat hom bestuur is vertrapping en beweiding deur groot soogdiere en ander kleiner soos skilpaaie. Tewens, histories het dit die grootste konsentrasie soogdierdiversiteit per vk km in ons land. Die eidresultaat is ‘n digte ruigte wat by versteuring van wild goed aangepas is. Die klimaat is sonnig, winters koeler. Wat die deel so besonders maak, is sy soms onvoorspelbaarheid, en alhoewel reënval meestal regdeur die jaar 250-500 m per jaar, soms met lang droogtes of met tye van baie reën en vloede. Die winterreën kom met siklonale koue fronte en somers tipiese donderweer. Histories was die dele met baie grootwild, die ruigtes tot so 3-4 m hoog en dan ook met groter bome tussen-in.
Die natuurlike plante in die deel se langtermyn evolusionêre reaksie is gewoonlik 3 strategieë. Gepantser met dorings, of giftige sap, passiewe weerstand of kamoeflering. Maar is baie goed aangepas.
Spekboom is n baie belangrike komponent en oral in die ruigtes teenwoordig. Hulle het sagte blare en stingels en eetbaar en kan as n pionier gesien word wat maklik vestig en versprei.
Dink maar aan spekboomveld en hoe groot bydrae spekboom nie lewer nie.
Internasionale bydra van die wereld se gewildste huisplante is van hierdie omgewing afkomstig,
Dink maar aan die malva (Pelargonium, zonale, P. inquinans en P. peltatum) asook die hen-en-kuikens (Chlorophytum comosum). Ander van die omgwing met internasionale bydra sluit in Kerkei (Crassula ovata) kleinkerkei, (Crassula tetragona subsp. rorbusta), rankaalwyn (Aloiampelos ciliaris), Senecio angulatus, Senecio macroglossus, bokballetjies (Senecio rowleyanus) en die mooi bont-ui (Ledebouria socialis). Tierbekvygies (Faucaria tigrina), rooi aptenia (Aptenia cordifolia) wit-poeierkwas (Haemanthus albiflos), Coleus madagascariensis, dink ook aan syselbos (Plumbago auriculata). Die kraanvoelblomme soos gewone kraanvoel (Strelitzia reginae) en die biessiekraanvoelblom (Strelitzia juncea)
Ryk plantdiversiteit veral vetplante
Struktuur:
Plantegroei bestaan meestal uit ’n digte groot doringagtige struiklaag en openings tussen in. In ons tuine kan ons dus oop dele uitbeeld met die aanskoulikste van sy mooi struike bome en vetplante, bol, gras, meerjariges ens. en kan as heinings van die doringagtige struik eens aanplant.
Vestiging en grond baie belangrik
Van klei tot kleileem tot sanderige dele. Alles begin by grond en grondvoorbereiding dus baie belangrik. Bome en struike moet geplant word in n gat 2x die volume van die houer. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend. Geologie is uiteenlopend, maak gebruik van plaaslike rotssoorte hetsy sandsteen, graniet, doloriet of dolomiet.
Vestiging: Pioniers: vinniggroeiende pioniersoorte. Bome en struike: Doringbome soos die soetdoring (A. karroo). Die spekboom (Portulacaria afra) is die belangrikste element. Dit kan in massas aangeplant word in is self onderhoudend na vestiging.
Daar is soveel onderskeie vorms van die spekboom soos plantgroeiende kultivars wat as grondbedekkers gebruik kan word. Ander vinniggroeiende pioners sluit in die syselbos (Plumbago auriculata), harpuisbossoorte (Euryops spathaceus, E. chrysanthemoides, E. virgineus), geelkeur (Calpurnea aurea) en Othonna triplinervia. Die septemberbossie (Polygala myrtifolia) en die persbesem (P. virgata). Van die 2 suurvysoorte is ghaukum (Carpobrotus deliciosus) met mooi pienk blomme en gewone suurvy (C. edulis) die beste keuse.
Die aalwyn-kopieva (Bulbine latifolia) met aalwyngatige blare en ritste fyn geel blommetjies die regte keuse. Ook die gewone kopieva (Bulbine frutescens). Ander vinnige vygies sluit in Malephora lutea, Glottiphyllum spp., Delospemaspesies.